About Us

Hanno Maritz is reeds sedert sy kinderdae betrokke in die primêre- en sekondêre landbou. Kort na sy aanstelling in 2012, as die Suid Kaapse verteenwoordiger van ‘n kunsmismaatskappy, identifiseer hy die geleentheid om meer waarde en produkte toe te voeg en ‘n wyer mandjie van produkte aan te bied.

In 2013 is Green Pastures Agriculture (Pty) Ltd, handeldrywend as Green Pastures Ag, amptelik gestig.

Die maatskappy het mettertyd sy reeks van produkte en dienste heelwat verbreed ten einde ‘n eenstop-diens te kan lewer in terme van plantvoeding en grondgesondheid.

By Green Pastures Ag glo ons dat goed deurlugte, gebalanseerde grond, met hoë koolstofvlakke en gesonde mikrobelewe, gesonde plante en -diere tot gevolg het en dat dit die sleutel is tot volhoubare landbouproduksie. Die maatskappy is daarom groot aanhangers van internasionale grondkundiges met ‘n sterk biologiese aanslag – mense soos Dr William Albrecht, Neal Kinsey, Gary Zimmer, Graeme Sait, Dr Arden Andersen en Dr Elaine Ingham.