About Us

Green Pastures Agriculture (Edms) Bpk, wat in 2013 gestig is, het die afgelope paar jaar na vore getree as een van die toonaangewende verskaffers van volhoubare landbou-oplossings in die Suid-Kaap.  Met ‘n duidelike verbintenis tot die bevordering van grondgesondheid, optimale plantvoeding en hoëgehalte saad, het ons onsself gevestig as ‘n betroubare eenstop-bemestting vir produsente wat hul boerderypraktyke volhoubaar wil bedryf.

By Green Pastures Ag ondersteun ons die beskouing dat grondgesondheid die grondslag vorm van volhoubare landbou.  Gesonde grond huisves gesonde plante, diere en mense, en behoort beskou te word as ‘n lewende stelsel wat sorgvuldige rentmeesterskap en bestuur vereis, met die doel om langtermyn volhoubaarheid en produktiwiteit te verseker.

Ons produkte en dienste is ontwerp om die wanbalanse in grond reg te stel, die mikrobelewe in die grond te optimaliseer, grondvrugbaarheid te verbeter en produsente in staat te stel om sterk gewasse in harmonie met die natuurlike omgewing te verbou, in die hoop dat die voordele van ons insette veel verder sal strek as die grense van die plaas – van die grond tot die mond.